Paljas Translation 3
Afrikaans:
1. Kom. Kom ons teken iets. (Hy soek in sy broeksak en haal 'n ander kleur uit. Hy verf Willem se mond.) Kom ons teken die trane weg. Ons vee die ou Willem uit en ons teken 'n nuwe Willem.
2. Hierdie hele toneel is deel van die volgende montage.
3. Montage van die tekenproses. Afgewissel met Hendrik-hulle se soektog na die kind. Willem, al hoe meer ingenome ☺, verander van 'n bedrukte 😓 knaap na 'n nar 🤡wat vir sy eie gesig in 'n ou stuk spieël🪞 staan en lag. Terwyl Katrien langs die pad loop en roep 📢; Emma in die veld soek; Hendrik op verskillende plekke met die motor stilhou en uitklim en roep 📢 – en uiteindelik weer onder die enjinkap lê met net sy voete wat uitsteek. Dis sononder.
4. Willem en die nar 🤡 sit in die skuur langs mekaar. Dis donker buite. Naby die muur hang 'n lantern. In die middel van die vloer brand 'n klein vuurtjie tussen klippe. 'n Mens sien die twee figure net vaagweg.
5. NAR🤡: Asseblief. (Die kind skud sy kop.) Ek vra jou mooi. (Die kind skud sy kop; die nar gaan geduldig voort.) Willem, luister mooi. Ṓf jy gaan nou huis toe, óf ek pak vanaand my goed en ek vat die pad. En jy sien my nie weer nie. (Die kind sit net vir hom en kyk)
English
1. Come. Let's draw something. (He searches in his trouser pocket and takes out another colour. He paints Willem's mouth.) Let's draw the tears away. We delete the old Willem and we draw a new Willem.
2. This entire scene is part of the following montage.
3. Montage of the drawing process. Interspersed with Hendrik-their search for the child. Willem, more and more pleased ☺, changes from a depressed 😓 boy to a clown 🤡 who stands and laughs at his own face in an old piece of mirror 🪞. While Katrien walks along the road and calls 📢; Emma in the field searching; Hendrik stops the car in different places and gets out and calls 📢 - and finally lies under the hood again with only his feet sticking out. It's sunset.
4. Willem and the clown sit next to each other in the barn. It's dark outside. Near the wall hangs a lantern. In the middle of the floor, a small fire burns between stones. One sees the two figures only vaguely.
5. CLOWN: Please. (The child shakes his head.) I'm asking you nicely. (The child shakes his head; the clown continues patiently.) Willem, listen carefully. Ṓe you go home now, or I'll pack my things tonight and I'll hit the road. And you don't see me again. (The child just sits and watches)
Comments
Post a Comment